News

Nog 'n Secunda triomf

Mon, 05 Aug 2013 20:21
Secunda-righ-potgieter.jpg6 Secunda-u15630

Mens het visoene gesien van ‘n jong Danie Gerber op volle vaart

Quote-end

Afgelope Saterdag oggend het die Beeld kwarteind stryd van die groot skole vir 0/16 spanne op Secunda plaas gevind en die tuisspan wen 30-21 Hoërskool Overkruiin van Pretoria.

Die wedstryd het 09.00 begin en die Hoëveldse winterkoue was duidelik gevoel deur die spelers so wel as die toeskouers. Dit was van die afskop af duidelik dat Overkruin besigheid gemeen het toe hulle sommer in die eerste paar minute gaan druk het. Telling 7-0.

Secunda het daarna ‘n strafskop deur George Weilbach aangeteken en die telling was 7 -3 gewees. Overkruin se losskakel het sy skop skoene saamgebring en na ‘n strafskop is die telling 10-3 in Overkruin se guns.

Phillip Bremner, regter vleuel van Secunda rond ‘n puik agterlyn beweging af en gaan druk in die spreekwoordelike hoekie. Doelskop is baie moeilik en is nie suksesvol nie, Overkruin is voor 10-8.  

Secunda begaan ‘n fout van die afskop af en onmiddelik slaan die span van Overkuin munt daaruit toe hulle gaan druk. Die telling verander na 15-8 in Overkuin se guns. Secunda besluit om weer pale toe te skop met ‘n strafskop en George Weilbach is weer in die ko. Telling 15-11. Overkruin se losskakel, Tiaan van Straten bewys hierna wat se goeie stelskopper hy is toe hy ‘n allemintige poging van by die 50 meter suiwer deur die pale laat trek. Telling 18-11 in Overkruin se guns.

In die laaste paar minute voor rustyd bly Secunda op die aanval en laat Overkruin veral in die skrums swaar leef. ‘n Vyf-meter skrum van Overkruin se doel lyn af vind plaas en ‘n puik 16 voete skrum van Secunda se kant af veroorsaak dat die bal baie sleg uitkom vir Overkuin en los spat. Soos ‘n valk sak Secunda se flank Peter St Ledger Denny toe op die bal en drie is daar net langs die linker regop paal. Die doelskop is oor en rustyd breek aan met die spanne op 18-elk.

Die tweede helfte breek aan en die spanne begin gelyk op die telbord, so goed soos 0-elk en asof dit ‘n nuwe wedstryd van voor af is.

In die eerste paar minute van die helfte verwissel die spel van kant na kant en daar is min te kies tussen die spanne. Overkruin se losskakel sit sy goeie dag met die skopvoet voort en kry hulle neuse weer voor met ‘n straf skop. Telling 21-18.

Toe breek daar ‘n oomblik van individuele briljantheid aan. ‘n Oomblik wat deur die skare vir lank onthou sal word. ‘n Mens het visoene gesien van ‘n jong Danie Gerber op volle vaart. Secunda se senter, Stephan Kruger het die bal ontvang en daar was niks aan op die oog af nie. Hy het egter iets uit ‘n rugbyhandleiding geskep uit niks uit nie. Hy het met brute krag, volle vaart en ongelooflike visie ‘n stuk of 10 spelers geklop en ‘n goeie 50 meter gehardloop waar hy moes systap, verdedigers afstamp en hakskene wys vir die opponente. Hy het met vier spelers van Overkruin wat hom probeer keer het die doel lyn gehaal en sekerlik een van die belangrikste drieë van sy rugby loopbaan gedruk. Die doelskop was baie belangrik gewees want as hy oor was, sou Secunda met vier punte voor wees. Dit sou beteken dat Overkuin twee2 keer met skoppe moes punte aanteken of ‘n drie gaan druk om weer die voortou te kon neem. George Weilbach hanteer die druk puik en die skop is suiwer en skielik het Secunda vir die eerste keer in die wedstryd hulle neuse voor gekry. Telling 25-21.

'n Mens kon duidelik die tuisskare hoor saam praat wat tot in die stadium maar baie bedees en stil was. Skielik was daar lewe op die pawiljoen en mens kon sien dat dit die tuisspan aangevuur het tot nuwe hoogtes. Secunda het met nuwe ywer en passie gespeel en skitterend verdedig.

Tydens ‘n aanval van Overkruin verdedig Secunda puik en duik elke speler met die bal terug. In een so duikslag spat die bal los en Secunda se heelagter, Righ Potgieter plaas ongelooflike druk toe. Hy bewys hoekom hy tot die Noordvaal span gekies is wat in Septembermaand Frankryk toe gaan toe hy die bal op volle vaart op pik en versnel. Hy het nog baie werk gehad wat hy moes doen en het verskeie spelers geklop met sy vaartversnelling en verandering van rigting. Daar is geen plaas vervanger vir spoed nie en hy bewys dit toe hy meer as 50 meter nael en al die verdedigers agter los en ‘n puik individuele drie gaan druk.

Tydens die skop word daar baie onsportief van die kant van die veld af gegil toe George reeds besig was met sy aanloop. Hy mis die skop maar Secunda loop met 30-21 voor. Kort hierna het die eind fluitjie geblaas en Secunda dring vir die tweedee jaar in ‘n ry deur na die Beeld halfeindstryd toe wat gaan plaas vind op Saterdag 17 Augustus 2013. Secunda speel dan weer tuis teen Potchefstroom Gimnasium vir ‘n plek in die prestige Beeld finaal.  
 
Deur Kobus Naudé

RELATED ARTICLES