Super 14

(Kick-off is GMT)

Friday, 9 May:
Hurricanes v Force (07.35)
Bulls v Brumbies (17.10)

Saturday, 10 May:
H'landers v Blues (07.35)
Reds v C'saders (09.40)
Sharks v C'tahs (13.00)
Lions v Chiefs (15.05)
Stormer v W'tahs (17.10)

Heineken Cup

(Kick-off is GMT)

Final:

Saturday, 24 May:
Toulouse v Munster (15.00)

International

(Kick-off is GMT)

Saturday, 7 June:
NZ v Ireland (07.35)
SA v Wales (13.00)
Arg v Scotland (TBC)

LIVE COVERAGE

more Fixtures

Super 14

Saturday, 3 May:
H'canes 38-12 Lions
Force 22-21 Chiefs
Bulls 16-13 'Tahs
Stormers 20-10 Brumbies

Friday, 2 May:
Crusaders 18-10 Sharks
Reds 22-35 Blues
Cheetahs 28-31 H'landers

Heineken Cup

Semifinal

Saturday, 26 April:
Irish 15-21 Toulouse

Sunday, 27 April:
Saracens 16-18 Munster

LIVE COVERAGE

more Results

Newsletter

Groot eindstryd in Pretoria

Wed, 07 May 2008 22:12

Sukses kweek sukses! Daarvan kan die eerste rugbyspan van die Hoërskool EG Jansen in Boksburg getuig.

Die bielies van Boksburg het Saterdag in die Jakarandastad hul enorme belofte gestand gedoen toe hy die Blou Tornados van die Hoërskool Waterkloof met 34-22 in die halfeindronde van die NuPower Tuks-reeks geklop het.

Dit is egter geen verrassing nie, aangesien die kern van die span verlede jaar die eindstryd om die Coke-reeks gewen het. Daar is toe reeds groot verwagtinge vir die span vir 2008 gekoester.

Die Boksburgers kom eerskomende Saterdag op die LC de Villiers-stadion in die eindstryd teen die Wit Bulle van die Hoërskool Monument te staan. Monnas het net-net daarin geslaag om die gedugte span van die HTS Middelburg met 21-19 uit te skakel.

Hoewel Waterkloof en die span van Mpumalanga se bekerdrome verydel is, sal daar beslis geen gebrek aan motivering en inspanning wees, wanneer hulle mekaar Saterdag om 10.25 om die derde plek die stryd aansê. Wat die onder ouderdomsgroepe betref sal slegs Waterkloof se o.16-rugbyspan nie die intensiteit van eindstrydrugby ervaar nie. Die Pretorianers se o.14-kannetjies kom teen Monnas te staan, terwyl sy o.15-bielies teen Marais Viljoen van Alberton te staan kom. Wat die voorste o.16-spanne betref kom Florida teen Centurion in die eindstryd te staan.

Die volledige rugbyprogram op die stadion is:

09.00: Eerste spanne: Ermelo t Eldoraigne
10.25: Waterkloof t HTS Middelburg
15.20: EG Jansen t Monument
11.50: o.14: Waterkloof t Monument;
13.00: o.15: Waterkloof t Marais Viljoen
14.10: o.16: Florida t Centurion.

By Ettienne van Rensburg
Allpix Media

 

 

LATEST NEWS

Photo Gallery
2008 Six Nations
Poll

What should the Bulls do to Bakkies Botha?
Let him go to France!
Keep him in Pretoria, are contracts not worth anything?
Nothing, he’s made a fool of himself already.