Get Newsletter

Duineveld wen Classic Clash

Ons het verslae van altwee skole. Die eerste een is van Hoërskool Upington, die tweede van Hoërskool Duineveld wat 37-15 gewen het.

Op Saterdag 27 April (sonnig en warm )het die jaarlikse FNB Classic Clash of beter bekend as Klein Interjol tussen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld plaasgevind. Dit was Duineveld se beurt om die dag aan te bied.

Jonathan Kaplan, wat as skeidsregter opgetree het, het ekstra kleur aan die dag verleen.

Die hoof wedstryd het net na 15.00 begin. Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg. Duineveld se veel swaerder pak het hulle stempel op die wedstryd afgedruk.

Teen rustyd was die stryd baie gelykop en was die telling 12-elk. Kort na rustyd met die telling 15-elk het dit gelyk asof ons ‘n naelbyt einde gaan beleef. Duineveld het egter hulle kanse baie goed benut en drie baie mooi drieë gedruk. Duineveld stap dus met ‘n telling van 37-15 as wenners van die veld. Die Uppies het moedig probeer, maar elke poging van hulle is met goeie verdediging gestop.

Deur Janse van der Ryst

Soos wat tradisioneel gebeur, was Klein Interjol 2013 glad nie verskillend nie. Die rugby wat gespeel is deur beide skole in die aanloop tot die hoofwedstryd was beide spannend en aanskoulik.

Duineveld het eerste punte aangeteken met behulp van hul kaptein, Junior Burger (8) se eerste van drie (sy derde driekuns alreeds hierdie jaar) met die vervyfskop deur Attie Brits (13) wat die regter regoppaal sou tref.

In antwoord hierop het Upington 'n mooi afgeronde agterlynbeweging gebruik om hul eerste punte aan te teken. DJ van den Heever (10) kon nie met die baie moeilike vervyfskop slaag nie en met die tellings gelykop, het al die voorspellings van 'n naelbyt wedstryd weer waar geword.

Kort hierna het Junior Burger uit algemene spel die lyn reguit gemaak en weer gaan druk, en Attie Brits was suksesvol met die vervyfskop.

Upington se agsteman, Jasper Wiese het 'n goeie vertoning op die dag gelewer en is kort voor rustyd beloon  vir sy kanniedood gees met 'n onderskep drie wat vervyf is deur Van den Heever.

Halftyd: 12 – 12

Wat in die onderskeie kleedkamers halftyd gepraat is weet net die spelers, maar Duineveld het begeesterd uit die kleedkamers gekom en vinnig hul aanvalsritme gevind en met gereelde interval agter die doellyn gaan kuier.

Eers was daar weer 'n uitruilling van strafskoppe deur Brits en Van den Heever, en daarna 22 punte deur Duineveld.

Junior Burger druk sy derde drie vervyf deur Brits, wat dan ook kort daarna 'n drie druk en vervyf na goeie samespel van die span.

Die wedstryd is finaal buite bereik van Upington geplaas nadat Duineveld 'n skrum afgedwing het naby Upington se doellyn, Burger opgetel het vanaf die basis van die skrum en vir Liam Griebenauw (14) oorgestuur het in die hoekie.

'n Baie goeie spanvertoning van Duineveld is beloon met 'n prag oorwinning van 37-15 oor hul bure HS Upington. Spelers wat nog uitgestaan het in die wedstryd was Cobus van Niekerk (10), Brendan-Lee Faro (12), Theunis Visser (6), Rayno Nel (4) en Jan-Hendrik van Wyk (1).

Ons sien uit na ons volgende wedstryde en natuurlik die Groot Interjol op 9 Augustus.

Deur Fillip Venter

Puntemakers:

Vir Duineveld:

Drieë: Junior Burger 3, Attie Brits, Liam Gribenauw

Vervyfskoppe: Attie Brits 3

Strafskoppe: Attie Brits 2

Vir Upington:

Drieë: Jasper Wiese (8), Gert Rupping (11)

Doelskop: DJ van den Heever (10)

Strafskop: DJ van den Heever (10)

Spanne

Upington: 15 Darryl de Wee, 14 Junior van der Merwe, 13 Johnathan Steenkamp, 12 DJ Dry, 11 Gert Rupping, 10 DJ van den Heever, 9 Roschè Naudé, 8 Jasper Wiese, 7 Alvin Steenkamp, 6 Louw Scholtz, 5 Willem Koeglenberg , 4 Edaurd Killian, 3 Thapelo Masenge, 2 Bryan van der Merwe, 1 Sergio Boer

Plaasvervangers: 16 Gert Nel, 17 Hakiti du Plessis, 18 Lewies Karsten, 19 Immaculate Vundisa, 20 Franclyn Botha, 21 Dylon Magerman, 22 Chevee Niewenhuizen

Duineveld: 15 Christiaan du Plessis, 14 Liam Griebenhauw, 13 Attie Brits, 12 Brendan-Lee Faro, 11 Chris Opperman, 10 Cobus van Niekerk, 9 Coenie Lamprecht, 8 Junior Burger, 7 Petri van der Merwe, 6 Theunis Visser, 5 Ryno Karstens, 4 Rayno Nel, , 3 Jan-Hendrik van Wyk, 2 Hendri Nel, 1 Hanro Visagie

Plaqasvervangers: 16 Jaco Lategan, 17 Corné Nieuwoudt, 18 Koos Page, 19 Barend Geldenhuys, 20 Etienne Kruger, 21 Gideon Coetzee, 22 Elro Hough

Skeidsregter: Jonathan Kaplan (South African Referees' Association)

 

Rugbytellings

0/19A: Duineveld wen 37-15

o/19B: Duineveld wen 50-7

o/16A: Upington wen 41-0

o/16B: Duineveld wen 26-22

o/15A: Upington wen 29-10

o/15B: Upington wen 58-0

o/14A: Upington wen 34-0

o/14B: Upington wen 31-14

ADVERTISEMENT

Join free

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 6

Sam Warburton | The Big Jim Show | Full Episode

Japan Rugby League One | Sungoliath v Eagles | Full Match Replay

Japan Rugby League One | Spears v Wild Knights | Full Match Replay

Boks Office | Episode 10 | Six Nations Final Round Review

Aotearoa Rugby Podcast | How can New Zealand rugby beat this Ireland team

Beyond 80 | Episode 5

Rugby Europe Men's Championship Final | Georgia v Portugal | Full Match Replay

Write A Comment