Get Newsletter

Maritzburg College Day 3 Results

The weather wqas unpleasant for the third and last day of the Maritzburg College Festival which is part of the school's 150th birthday celebrations, the first school to reach that mark in KZN.

NB There are two reports on each match, one in Afrikaans and one in English. They are by different people. At the end there is a summary of the Festival's scores.

Wedstryd 1: Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) vs Dale College, 51-0

Onweer het die dag se weersomstandighede beskryf soos wat albei spanne op gedraf het. Dit het egter nie sake in ‘n skopwedstryd verander nie soos Affies asemrowende hardlooprugby opgelewer het.

Dit het skaars vyf minute gevat vir Affies se senter, Marchant van den Heever om op die bord te kom na goeie volgehoue spel. Die doelskop was mis en Affies 5-0 voor.

Die manne van Pretoria het kort daarna weer agter die doellyn gaan kuier toe die hemelbesem slot, RG Snyman deur verdedigers gebars het om te gaan druk. Die doelskop was weer mis en die telling 10-0 vir Affies.

Affies se agtsteman, S. Van Huyssteen, het sy naam ook op die telbord gekry na ‘n goeie dryfmaalbeweging hom toegelaat het om te gaan druk. Affies 15 – Dale College 0.

Dale het nie antwoorde gehad vir Affies nie en Wit Bulle het dinge vir Dale baie moeilik gemaak met groot druk wat deurentyd op Dale se skrum en lynstane geplaas is.

Van Huyssteen het sy tweede gaan druk na nog ‘n dryfmaalbeweging om Affies 22-0 te laat voorloop na die skrumskakel, I. Van Zyl, verdoel het.

Net voor halftyd het die flank, G Foster, sy naam ook op die telbord toegevoeg met ‘n drie om die telling halftyd 27-0 te maak in Affies se guns. Die was ook die halftyd telling.

Die tweede helfte het begin soos wat die eerste helfde geëndig het. Affies se flank, Forster, het agter die doellyn gaan kuier na ‘n goeie beweging wat hom toelaat het om deur te hardloop. Marchant van den Heever het die twee punte met die skoen bygedra om die telling 34-0 in Affies se guns te maak.

D Venter, die Affies binnestenter, het ‘n groot gaping geslaan en 30m vir sy drie genael. Die doelskop was mis en die telling 39-0 vir Affies.

Venter het kort na sy eerste, sy tweede gaan druk om die wedstryd finaal weg te vat vanaf Dale College. Die doelskop deur van Zyl was suksesvol om die telling 46-0 te maak.

Affies het die finale spyker in Dale se kus geslaan toe die heelagter en man van die wedstryd, E. Keyter hakskene vir die verdedigers gewys het en gaan druk het. Die telling 51-0.

Die laaste paar minute het Dale alles in die spel gewerf om op die bord te kom, maar Affies se verdediging was rotsvas.

Deur Wim Pretorius

Maritzburg College Report

Both sides started sloppily with unforced errors coming thick and fast but Die Wit Bulle from Pretoria eventually settled into a rhythm and silky centre Jurie Linde exploited the overlap to go over in the corner after five minutes (5-0).

Dale, vastly smaller, are the youngest team here and their time will come.

Wednesday was cold and drizzly, in marked contrast to days one and two, but it meant nothing to the supremely athletic lock forward RG Snyman whose touchdown was greeted with a roar from the Affies faithful (10-0).

Dale were barely able to leave their half and Affies’ massive weight advantage led to a number of textbook rolling mauls that were rewarded with two successive tries by number eight Jandre Slabbert that took the score to 22-0, scrumhalf Ivan van Zyl having landed one conversion.

Flanker Derik Bezuidenhout muscled over from a five-metre tap penalty for try number five, which Van Zyl converted for 29-0 at half-time.

Dale, trying their hearts out, inevitably ran out of defenders under Affies’ total onslaught and after the changeover the ball moved through several pairs of hands for Bezuidenhout to romp over. This time Linde converted (36-0).

Then it was flying fullback Eduan Keyter who cut through for the first of his two tries, which sandwiched centre Philip Orffer’s impressive touchdown. Van Zyl converted one for the 53-0 final score, the result leaving Affies with three wins from three starts.

By Jonathan Cook

Wedstryd 2: Rondebosch vs Jeppe, 24-5

Die wedstryd het afgeskop met reën wat steeds geval het, maar Rondebosch het van vroeg af aanduidings gegee dat hul in Affies se voetspore wil volg en die bal hardloop.

Jeppe se agtsteman is met ‘n geelkaart afgestuur vir gevaarlike spel. Rondebosch het dadelik van die geleentheid gebruik gemaak en die flank, G. Geldenhuys het gaan druk  met die losskakel, T. Lee, wat verdoel het om die telling 7-0 te maak. Die losskakel van Rondebosch het sy span se voorsprong vergroot na 10-0 met ‘n strafskop reg voor die pale.

Van die afskop af het Rondebosch die bal verloor en Jeppe se regtervleuel, S. Nkosi, het dit opgepik en 40m gehardloop om te gaan druk. Die doelskop was mis en die telling 10-5 vir Rondebosch. Dit was ook die telling teen lemoentyd.

Rondebosch het die tweede helfte eerste op die bord gekom na ‘n trafskop deur die losskakel, T. Lee, om hul voorsprong na 13-5 te vergroot.

Die reën het na die skop opgeklaar met net ‘n kein windjie wat nog met die bewolkte weer gepaard gegaan het.

Lee het nog ‘n strafskoop bygevoeg om die telling 19-5 te maak.

Lee het die voorsprong vergroot met nog ‘n strafskop om die telling 16-5 te maak voor Rondebosch se heelagter, K. Ngcukana oorgeduik het in die hoekie na goeie spel deur die agterlyn. Die doelskop was mis en die telling 24-5 vir Rondebosch. Die telling so so bly tot die eindfluitjie.

Deur Wim Pretorius

Maritzburg College Report

In the fifth minute Rondebosch opened the scoring when flank Graham Geldenhuys crashed over under the crossbar. Flyhalf Tyren Lee converted (7-0).

Unrelenting Rondebosch pressure in this extremely physical encounter led to a simply penalty by Lee (10-0).

Against the run of play Jeppe right wing Sibusiso Nkosi broke from halfway for a great solo try to bring the score to 10-5.

On the stroke of half-time Lee landed a penalty for the teams to change over with the Cape Town lads 13-5 to the good.

The second half was hugely physical and Lee’s unerring boot took Rondebosch to a 19-5 advantage before superb recycling of the ball put the cherry on the top of an excellent victory when right wing Khanyo Ngukana beat his man on the outside to go over in the left-hand corner for the 24-5 final score.

By Jonathan Cook

Wedstryd 3: Grey High (PE) vs KwaZulu Natal Development XV, 69-0

Die KwaZulu Natal Development XV-span is vervang deur ‘n totaal nuwe span na die dood van een van die spelers Saterdag. Die spelker het in 'n swembad verdrink na hul wedstryd teen Dale College.

Die wedstryd het afgeskop met Grey wat die bal uit alle posisies probeer hardloop het. Hulle het vroeg op die telbord gekom toe die heelagter, S Ebersohn, gaan druk he. K Vers het verdoel om die telling 7-0 te maak.

Kort daarna het Grey hul tweede gaan druk toe die flank,  L Dalla-Vecchia, agter die doellyn gaan kuier het.

Grey het goeie aanvallende spel ten toon gestel met ‘n KwaZulu Natal span waar dit duidelik was dat hulle oornag saamgestel is, met onnodige foute wat ingesluip het.

Grey het hul derde gaan druk toe die buitesenter, L Oosthuizen, gaan druk het om die telling 21-0 te maak na die doelskop deur Vers suksesvol was.

Dalla-Vecchia het oor gegaan vir nog ‘n drie soos wat die wedstryd heeltemal oopgegaan het. Die doelskop was mis en die telling 26-0.

M Lombard het ook gaan druk na goeie spel om die telling 33-0 te maak.

Nog twee drieë deur Dalla-Vecchia en Ebersohn het die telling teen halftyd 45-0 gemaak.

Die tweede helfte het begin met verskeie hanteerfoute op die doellyn van die KwaZulu Natal-span. Dit het byna 15 minute geneem voor Grey High in die tweede helfte kon gaan druk het. Die KwaZulu Natal span het ook beter verdedig aan die begin van die tweede helfte.

Die eerste drie van die tweede helfte het aan M Groenewald behoort, met Vers wat weer verdoel het om die telling 52-0 te maak. Kort na die drie het die B Cafu, die plaasveranger, ‘n goeie lopie ingesit om in die hoekie te gaan kuier. Die doelskop was mis en die telling 57-0 vir Grey High.

Drieë deur Cafu en R Stevens het die eindtelling tot 69-0 gebring.

Deur Wim Pretorius

Maritzburg College Report

The Festival Invitation XV led by Speedy Tyrer gave their all but ran into a very efficient Grey High School side that ran in seven well-constructed tries by half-time. In-form flyhalf Richie Bryant converted five for the 45-0 half-time score.

Fullback Keanu Vers (2), flank Johan van Niekerk (2), fullback Jeremy Ward, left wing Luca Dalla-Vecchia and flank Bathandwa Cafu crossed the whitewash in the first half.

The Festival Invitation XV refused to throw in the towel and it took an age for Grey to add more points, but in the end they managed four more tries. Replacements Hanno Minnaar, Bathandwa Cafu (2) and right wing Dylan Vermaak got the second-half touchdowns, with Bryant converting twice for the final score to read 69-0.

By Jonathan Cook

Wedstryd 4: Monument vs Noord-Kaap, 21-3

Die wedstryd het voor die afskop al die potensiaal gehad om ‘n klipharde wedstryd te wees en dis presies hoe dit omskryf kan word.

Met reën wat albei spanne gereeld hanteer foute laat maak het kon geen span die oorhand oor die ander ene kry in die eerste helfte nie.

Monument het oortree en dit het aan Noord-Kaap se buitesenter, D Tieties, die kans gegee om sy span voor te sit. Sy strafskop was suksesvol en Noord-Kaap 3-0 voor.

Die res van die eerste helfte was ‘n skopkompeties met albei spanne wat gereeld besit weg geskop het. Die telling het tot halftyd dieselfde gebly.

Die tweede helfte het begin met Monument wat baie druk op Noord-Kaap geplaas het. Na verskeie strafskoppe het die stut, F van Wyk, gaan druk na ‘n tikskoppie geneem is. Die binnesenter, G van der Walt, het verdoel om Monument net-net 7-3 laat voor loop het.

Monument se binnesenter het ‘n bal afgejaag na ‘n Noord-Kaap speler dit geskop het. ‘n Paar fases later het Monnas se flank, D Vlok gaan druk met Van der Walt wat verdoel het om die telling 14-3 te maak in Monnas se guns.

Noord-Kaap het ‘n gruime tyd in Monnas se halfte spandeer, maar kon nie punte aanteken nie. Monnas se verdediging was stewig.

Reg voor die einfluitjie het Noord-Kaap ‘n guldige geleentheid gekry om punte aan te teken, maar kon nie die bal vashou nie. Die bal is deurgeskop deur Monnas en van die daaropvolgende fases het Monument hul laaste drie gaan druk.

Eindtelling: 21-3 in Monument se guns

Deur Wim Pretorius

Maritzburg College Report

Both sides immediately demonstrated exactly how hungry they were for victory and the cut and thrust made for an exciting, if at times overly-robust, spectacle, Noord-Kaap getting on the scoresheet first with a beautifully judged, angled penalty goal by centre Henry van Zyl (3-0).

The hits were massive, the “thwacking” sound of the collisions amplified in the wet conditions. There is clearly no love lost between these two teams, players on both sides exhorting each other to even greater physical commitment, if indeed that was at all possible, and referee Zane Watson, who is on the SA Rugby Union Emerging Panel, had his work cut out in trying to contain emotions that threatened to erupt into open warfare at times.

That is not to say the rugby was “dirty”, it was honourable, sickeningly physical stuff, although there was a lot of “niggle” out there. It was Kimberley (Noord-Kaap) versus Krugersdorp (Monument) and no prisoners were being taken – thrilling stuff for the spectators but a nightmare for mothers.

The kicking out of hand and hard, straight running was top-notch in the first half and the 3-0 half-time score did not do justice to the delightful action served up by two more-than-willing teams.

After the changeover, NK – after battering away at the Monnas tryline for several minutes, won a penalty under the posts and opted for an attempt at a try rather than kicking the easy goal, ending up with nothing to show for their admirable efforts.

To rub it in, Monnas came back with a vengeance and eventually it was massive loosehead Frans van Wyk who battered his way over near the upright for centre Gerdus van der Walt to convert and the Krugersdorp lads were 7-3 up.

Monnas put daylight between the two sides when the powerful flanker Dwayne Pienaar broke away and fed fellow loose forward Dylan Vlok, who went over near the posts. The touchdown was easily converted by centre Van der Walt. Monnas rubbed salt into it when replacement CJ Greeff smashed over at the death and Van der Walt converted for the final score of a gripping match to read 21-3.

It was a scoreline that did not do justice to the wonderful contribution Noord-Kaap made to this highly entertaining game.

By Jonathan Cook

Wedstryd 5: Queens College vs Maritzburg College, 34-23

Die laaste wedstryd van die toernooi het die gasheerskool teen Queen’s College te staan sien kom.

Die wedstryd is begin met Queen’s College wat dadelik baie druk op Maritzburg gesit het. Dit het veroorsaak dat die regtervleuel ‘n gaping slaan en die heelagter, S Zaula, in die hoekie gestuur het vir ‘n drie. Die doelskop was mis en Queen’s 5-0 voor.

Queen’s College se heelagter, het verstommende vaart gewys soos wat hy verskeie spelers gesystap het en goed 70m genael het om onder die pale te gaan kuier vir sy tweede. Die drie is verdoel om die telling 12-0 te maak.

Maritzburg het op die bord gekom deur middel van ‘n strafskop deur die losskakel, J Koekemoer. Die telling 12-3.

Queen’s se heelagter wat die wedtryd van sy lewe gespeel  het, het sy derde gaan druk na nog ‘n individuele poging waar hy reg deur die Maritzburg-span gehardloop het. Die doelskop was suksesvol en die telling teen halftyd 19-3 vir Queen’s College

Die tweede helfte het Maritzburg baie beter begin speel hoewel Queen’s se verdediging hul gekeer het.

Maritzburg is vir hul spel beloon toe die flank, D Goodsen, gaan druk het om sy span nader te bring. Die doelskop was suksesvol en die telling 19-10 vir Queen’s .

Maritzburg het nog nader gekruip deur ‘n strafskop vanaf die losskakel, Koekemoer om die telling 19-13 te maak.

Queen’s het hul eerste punte van die helfte gekry deur ‘n strafskop van die losskakel, D de Wet. Om die telling 22-13 te maak.

Maritzburg het terug geslaan met ‘n drie deur R le Roux. Die doelskop was mis en die telling 22-18.

Die wedstryd is buite Maritzburg se bereik gesit toe Queen’s se skrumskakel, K Gibb in die hoekie gaan druk het. Die drie is verdoel deur De Wet en die telling 27-18 met 5 minute oor.

Queen’s se spoedige vleuel, J Danquah, het ‘n briljante skop opgevolg wat agter die verdedigers geplaas was en sy eerste gaan druk om die telling 34-18 te maak.

Maritzburg het egter die laaste sê gehad toe die flank, R le Roux, weer gaan druk het. Die doelskop was mis, maar dit was te laat.

Die eindfluitjie blaas en Queen’s College wen 34-23.

Deur Wim Pretorius

Maritzburg College Report

After two defeats the Eastern Cape lads were desperate for victory, running the ball from all corners in classic Queens fashion, and after 10 minutes their fleet-footed backs found space out wide for pacy threequarter Lilitha Jonas to score a fine try in the corner (5-0).

In response, College made several attacking sorties – flank Hayden Tharrat, left wing BJ Ngwenya and tighthead Njamulo Gumede looking threatening, but the Queens lads struck a killer blow when lightning-quick fullback Siphu Zaula sliced clean through for centre Dale de Wet to convert (12-0).

Flyhalf Jordan Koekemoer got College on the board with a penalty goal before the pacy  Zaula left the red, black and white for dead down the right-hand touchline, dotting down under the posts for De Wet to convert for the 19-3 half-time score.

College is a proud school and concerted pressure after the changeover drew reward when number eight Darryn Goodsen was on the end of an excellent rolling maul. Koekemoer converted and at 19-10 College were finally in the game, borne out further when captain and lock Seko Buthelezi’s ball-carrying earned a penalty, which Koekemoer converted with aplomb (19-13).

De Wet kicked a pressure penalty and Queens went 22-13 up but College came back strong for flanker Tharrat to round off a well-worked try (22-18).

Ngwenya made a try-saving tackle on Zaula but scrumhalf Kewan Gibb corkscrewed over in the corner soon after for Queens to go 27-18 and then Jerry Danquah broke away to score. De Wet’s conversion put Queens out of sight (34-18).

College loose forward Tharrat scored on the final whistle for the final score to read 34-23, bringing an extremely successful festival to a close.

By Jonathan Cook

Summary of Results at the Maritzburg College Festival

Day 1

Affies vs Queen's, 27-13

Maritzburg College vs Grey High School (PE), 18-10

Monument vs Dale, 39-21

Noord-Kaap vs Jeppe, 24-16

Rondebosch vs KwaZulu-Natal Development, 61-0

Day 2

Affies vs Grey PE, 31-3

Dale vs KwaZulu Natal Development, 43-0

Jeppe vs Queen's, 20-12

Monument vs Rondebosch, 14-5

Noord-Kaap vs Maritzburg College, 24-24

Day 3

Affies vs Dale College, 51-0

Grey High (PE) vs KwaZulu Natal Development XV, 69-0

Monument vs Noord-Kaap, 21-3

Queens vs Maritzburg College, 34-23

Rondebosch vs Jeppe, 24-5

 

ADVERTISEMENT

Join free

Chasing The Sun | Series 1 Episode 1

Fresh Starts | Episode 2 | Sam Whitelock

Royal Navy Men v Royal Air Force Men | Full Match Replay

Royal Navy Women v Royal Air Force Women | Full Match Replay

Abbie Ward: A Bump in the Road

Aotearoa Rugby Podcast | Episode 9

James Cook | The Big Jim Show | Full Episode

New Zealand victorious in TENSE final | Cathay/HSBC Sevens Day Three Men's Highlights

Write A Comment